top of page

VERF EN STENSIL JOU STOEL #1


Stencil your upholstery with Annie Sloan

Verf jou stofering en stesil dit vir 'n nuwe lap voorkoms :) Dis so maklik soos dit!

Verf jou stoel – kussing en al

Ek is absoluut verlief of Annie Sloan se Chalk Paint, nie NET omdat jy dit sonder om te skuur of onderlaag aan te wend kan verf nie, maar ook omdat jy stofering so maklik kan verf! Ek wys gou hoe om ‘n kombuis stoeltjie oor te doen met slegs ‘n bietjie verf!

JY BENODIG:

  • ‘n Stoel

  • Annie Sloan

  • Annie Sloan Soft Clear Wax

  • Stensil en kwas

  • 320 grit sandpapier

1. SKOON

Maak seker jou stoel is mooi skoon. Was dit sommer met ‘n bietjie suikerseep of sunlight liquid op ‘n lappie.

2. VERF

  • Met Annie Sloan se Chalk Paint hoef jy nie te skuur of te prime nie. Ek verf hierdie stoel in Annie Sloan se Graphite direk op ‘n Waterbasis Emalje verf afwerking.

  • Jy kan dit direk bo-oor verniste hout, metaal, emalje verf EN stofering verf!

  • Verf die hele stoel, laat die eerste laag droog word en verf ‘n twede laag. Gewoonlik is twee lae genoeg maar jy sal self sien hoeveel lae nodig is vir JOU projek.

3. VERF STOFFERING

Om die kussing te verf is eenvoudig met Annie Sloan.

  • Maak die kussing lekker nat met ‘n kwas wat jy in water doop. Die materiaal moet goed nat wees sodat dit die verf makliker absorbeer.

  • Terwyl die kussing goed nat is begin om die verf aan te wend. Gebruik 'n lekker groot verfkwas en verf 'n soliede laag verf oor die hele kussing. Laat hierdie laag droog word.

  • Verf ‘n hele paar lae verf op die kussing (maak seker elke laag is droog voor jy die volgende laag verf) - tot die kussing se oorspronklike kleur glad nie deurskyn nie.

4. SKUUR

  • Die kussing van jou stoel sal hard voel nadat die verf droog geword het, soos 'n canvas tipe lap – gebruik ‘n 320grit skuurpapier om dit liggies mee te skuur. Dit sal die verf onmiddelik sagter maak.

  • Vee die meeste stof van die kussing af met ‘n droë verfkwas en 'n klam lap. Moenie skrik as daar baie kleur op die lappie afkom nie, dis net die verf stof wat op die oppervlak was na die skuur.

5. WAX

  • Wax nou die hele stoel – kussing inkluis. Die wax sal die lap effens laat blink (ek wil dit graag vir hierdie projek só hê, maar jy kan ook jou kussing ongewax laat).

  • Gebruik ‘n kwas om die wax mee aan te wend – wees versigtig om die randte van die stoel aangesien jy hier maklik met die klein bietjie druk wat jy moet toepas om die wax aan te wend van die verf op die skerp hoekies kan afvee.

  • Vee dan met ‘n skoon sagte lappie die wax mooi glad.

 

6. VERF MET 'N STENSIL

  • Ek het eers die Graphite sitplek geseel omdat ek die stensilwerk met wit wil verf - die kans op swart wat met die wit meng is groot indien die swart nie eers geseel is nie.

  • Deur die sitplek eers te seel maak jy seker dat watookal jy bo-op die sitplek nou verf of stensil suiwer sal bly en nie met die onderste kleur meng nie.

  • Wanneer jy stensil – maak altyd seker jy het so MIN as moontlik verf op jou kwassie – anders loop die verf onder die stensil in en maak lelike smeer merke.

  • Die kant stensil wat ek gebruik maak dit maklik om die stensil te plaas want dit kan sommer rond en bond wees aangesien die patroon nie werklik herhaal nie – blaas tussendeur met ‘n haardroër om vinniger te kan stensil.

  • Jy kan tussendeur ‘bloei-merke’ afvee met ‘n wet-wipe omdat jy die basis laag (Graphite) geseël het met Annie Sloan se Clear Soft Wax.

7. WAX

  • Wanneer die hele stoel geverf en gestensil is en jy gelukkig is met alles – kan jy weer die sitplek ‘n laag wax gee om die verf bo-op die sitplek ook te seël.

  • Jy kan sommer die res van die stoel ook met ‘n twede laag wax invryf – dit gee beter beskerming as net een laag – verral met stoele!

Jy kan nou jou stoel tot hartelus gebruik – wees net bewus daarvan dat die Annie Sloan Clear Wax 28 dae vat om volledig te “cure”. Tot en met dan moet jy nie te veel vuilkolle op hom kry nie – maar na 28 dae kan jy sommer enige kolle uit-buff met ‘n bietjie Clear Soft Wax van Annie Sloan.

605 views
bottom of page