top of page

Retro lampshade from plastic bowls

Updated: Dec 18, 2019


Maak jou eie lig!

JY BENODIG:

  • Twee plastiek bakke – ‘n grote en kleiner een met vorms wat jy van hou uit plastiek wat nie dik is nie.

  • 100 grit skuurpapier

  • Stewige, vaste-punt matmessie

  • Annie Sloan CHALK PAINT™ (CHALK PAINT™ kan op plastiek en menigte ander oppervlakte geverf word sonder om die objek aft e skuur of te prime – dit maak hierdie projek dus ekstra vinnig en maklik.)

  • Medium grootte verfkwas

  • Hot-glue-gun

  • Annie Sloan™ Clear Soft Wax

  • Gold leaf en Size (Hierdie is nie noodsaaklik nie maar die metaal afwerking is pragtig, jy kan we look net nog ‘n lagie verf hier gebruik in plaas van die gold leaf wat bietjie duurder is)

  • Elektriese toebehore (Vra sommer vir die gawe mense by jou plaaslike hardeware winkel om die liggie se fittings vir jou aan elektriese koort te sit, of doen dit self)

  1. SKUUR

Skuur jou twee plastiek bakke liggies met die skuurpapier. Die skuurpapier gee die verf ‘n beter oppervlak om aan te klou.

2 . VERF

  • Verf jou bakkies binne in die kleure van jou keuse.

  • Ek verf Scandinavian Pink van Annie Sloan binne. (Ek gaan wel die binnekant met goldleaf bedek – die donker pienk gaan net plek-plek deurkom.)

Scandinavian Pink

3. SNY

  • Ons moet nou gate maak in beide bakke vir die elektriese koort om deur die kleiner bakkie se bo-kant te ryg en ‘n groot opening in die groter bak vir die lig-fitting en gloeilamp om deur te hang.

  • Om met die groot bak te begin: Plaas die bak plat op ‘n stewige tafel. Met ‘n sker, steek ‘n gat in die bo-kant van die groot bak – jy kan ook ‘n hamer en spyker gebruik om ‘n gat in te maak. Sodra jy ‘n gat ingesteek het, gebruik jou matmessie om soos ‘n blik-oopmaker die bodem van die bak uit te sny.

  • Vir die kleiner bakkie – wees meer versigtig, ons wil net ‘n klein gatjie he – groot genoeg vir die elektriese koort alleen. Steek ‘n gatjie met ‘n spyker en hamer, of soos ek, sny ‘n driehoek met ‘n matmessie uit die bodem.

4. MEET

  • Nou is ons reg om die twee bakke aanmekaar te sit vir die uiteindelike vorm van ons lig.

  • Plaas die kleiner bakkie bo-op die groter bak, maak seker dit is in die middel en merk met ‘n pen rondom die buitelyn van die bak.

  • Hierdie buitelyn sal jou aanduiding wees van waar om ‘n gomlyn met jou hotglue-gun te trek.

5. PLAK

  • Werk vinnig met die hotglue gun sodat die gom nie droogword voor jy die bakke op mekaar het nie (dit gebeur vinniger as wat mens dink).

  • Trek ‘n lyntjie al langs jou pen lyn, positioneer dan die klein bakkie bo-op en druk lekker vas. (Jy kan die gom wat dalk uitpeul by die randte sommer net met die messie afsny)

6. VERF

Noudat die vorm van jou lig klaar is kan ons die buitekant verf. Ek gebruik Annie Sloan se CHALK PAINT in Antonette vir hierdie projek.

7. GUILD/BLADGOUD

  • Ek is dol verlief op pienk en goud saam – die binnekant van hierdie lig gaan ek met gold leaf gild vir ekstra mooi maar ook om die lig van die gloeilamp meer te reflekteer.

  • Om te guild is dood eenvoudig.

  • Die basis laag bestaan uit ‘n gom genaamd: Size. Hierdie gom verf jy sorgvuldig oral waar jy die bladgoud wil hê (die bladgoud sal net sit waar die gom aangewend is, maak dus ekstra seker jy verf oral).

  • Was jou verf kwassie met water skoon.

  • Laat staan die size om droog te word op die bak – die gom raak taai wanneer dit droog is en dit is dan wanneer jy die bladgoud op dit versigtig kan plaas en liggies vasvryf met ‘n droeë, sagte verfkwas. (Jy kan nou ook jou verbeelding en kreatiwiteit gebruik om allerlei patrone of woorde te teken met die SIZE en die bladgoud op hierdie patrone te plak sodat dit jou lig met pragtige goue patrone of aanhalings versier.)

8. WAX

Om jou lig af te rond, seël dit met ‘n lagie Annie Sloan Soft Clear Wax. Wend dit sommer met ‘n ou t-hemp soos politoer aan.

EN SIEDAAR!

Jy kan nou die elekriese deel van jou lig installer deur eers die elektriese koort deur die gatjie in die bo kant van die lig te ryg. Geniet hierdie nuwe lig in jou lewe – en gee sommer een as geskenk of kom maak een by ons in ‘n workshop.

381 views
bottom of page