top of page

Verf jou bank!


Met Annie Sloan is nuwe stofering nie altyd nodig nie, jy kan sommer jou lap VERF!

JY BENODIG:

  • ‘n Stofeerde bank of stoel.

  • Annie Sloan Chalk Paint van jou keuse (beskikbaar by Paint & Décor Somerset-West en Durbanville)

  • Verfkwaste (Annie Sloan se nr. 12 werk uitstekend agv sy rondings en groot oppervlak – maar enige 50mm verf kwas kan werk. Hou ook ‘n klein kunskwassie byderhand vir insnywerk en detail patrone)

  • Annie Sloan Soft Clear Wax

  • Mutton cloth

  • 360grit skuurpapier

  1. Beplan

Dit voel altyd of dit tydmors is – maar dis so belangrik om jou idees vir jouself uit te skets voor jy begin. In hierdie proses illimineer jy maklik dit wat dalk nie mooi balanseer in ‘n patroon nie of identifiseer die ontwerp wat jy die meeste van hou. Ek skets dit vinnig gewoonlik met ‘n paar opsies vir rondspeel – en toe teken ek die idee met bordkryt direk op die bank om mooi te sien dat dit wel is wat ek wil doen….En dit is!

2 Water voor Verf

Wanneer jy tevrede is met jou ontwerp moet jy die lap nat maak voor jy begin verf.

Dit verseker dat die verf in die materiaal in trek en nie net op die oppervlak gaan sit nie. Ek het aanvanklik ‘n spuit bottle gebruik maar toe later sommer met die verf kwas water geskep en op die lap geverf. Die bank is dus redelik nat.

3. Verf

Indien jy ‘n groterige projek aanpak – soos hierdie bank, stel ek voor jy werk so stuk stuk, maak byvoorbeeld een kussing op ‘n slag nat en verf direk daarna. Wanneer jy die kussing klaar geverf het, maak jy die volgende kussing weer nat en verf dit, ens. Wanneer jy die verf op die materiaal aanwend – druk sommer jou kwas ook ‘n bietjie in die water, jy wil he die verf moet maklik op die lap versprei. Wanneer jy by die randte van die armeunings kom gebruik ‘n kleiner kwassie vir insny werk en kyk dat die verf nie saampak in die nate nie.

4. Verf voort

Na jou eerste laag oor die hele bank of stoel, sal jy sien of dit nodig is om ‘n twede of selfs derde laag verf aan te wend. Ek het kleure gekies wat redelik na aan die bank se oorspronklike kleur is om die dekking makliker te maak en besluit om met helder kleure bietjie vrolikheid in te bring. Ek was wel lekker verras om te sien dat die Graphite (swart) en die Emperor’s Silk (rooi) van Annie Sloan die vaal blou van die bank baie maklik gedek het en dit was slegs nodig vir een laag.

Geniet dit! Verf ‘n paar blomme, skryf iets, doen ‘n stensil motief….dis JOU projek, en jy kan altyd weer toe verf en nuut dink ;)

5. Skuurpapier

Wanneer jy klaar geverf is en alles is mooi droog –sal jy voel die lap is redelik hard van die verf. Om die tekstuur sagter te maak en die kleur ook meer egalig te verkryk – het ek met ‘n 360grit sandpapier saggies oor die hele oppervlak van die bank geskuur. Jy SAL NIE GLO hoe sag dit die verf op die lap maak nie – dit voel (en lyk) soos suade! Ek wil sommer net sit en tee drink!

6. Vee af met 'n klam lap

Vee nou liggies met ‘n klam lap oor die hele bank om van alle verf stof ontslae te raak. Dit help ook om die verf te “set” op die lap.

7. Wax

Nadat die bank saggies geskuur is, afgevee is met ‘n klam lap en weer droog geword het, het ek die swart (Graphite) en rooi (Emperor’s Silk) gedeeltes sowel as die rose met die Annie Sloan Soft Clear Wax geseël. Die wax seël die verf mooi maar gee ook die geverfde lap ‘n effens blink tesktuur wat ek nie oor die hele bank wil he nie – dit maak wel die swart en rooi helderder wat baie mooi lyk.

8. Sit terug en geniet!

Stuur vir ons fotos van JOU bank projek - ons sal dit graag wil deel met ons facebook ondersteuners. Mail ons: colourcollectors@paintdecordiy.co.za

1,263 views
bottom of page