top of page

OORDRAG TEGNIEK (Transfer Technique)

Updated: Dec 23, 2020


Hier is die maklikste en goedkoopste geskenk idee! Maak jou eie broodplank mooi of bederf iemand spesiaals.

Laai hierdie ontwerp af hier

Wat jy benodig:

  • Ou of nuwe brood planke of kos vriendelike rou hout. (Maak net seker daar is

  • nie vernis op die bord nie)

  • 100 grit skuurpapier

  • Mooi teks of ontwerp geprint in spieëlbeeld op ‘n lasar printer.

  • (Of laai die unieke Kaas en Brood Bord motief af met liefde van PAINT & DÉCOR)

  • Thinners

  • Mutton Cloth

  • Masking Tape

  • Verf van jou keuse (Hierdie is vir bietjie ekstra dekorasie maar nie nodig nie)

1. SKUUR

Skuur jou brood plank met 100grit skuurpapier indien daar enige growwigheid op die oppervlak is – jy wil ‘n redelike eweredige/gladde oppervlak he om jou “transfer” op oor te plaas.

2 .PLAK VAS

Keer jou mooi motief om, posisioneer dit mooi waar jy die prent wil hê(dit is hoekom jy enige teks in spieëlbeeld moet print – anders kry jy agterstevoor om woorde op jou bord). Plak die papier om die randjies vas met maskeerband sodat die papier nie rondskuif terwyl jy besig is met die transfer nie.

3. THINNERS EN MOOI VEE

Maak ‘n wit lappie (ons gebruik mutton cloth) effens nat met ‘n bietjie Thinners. Dis belangrik om nie jou lappie sop nat te maak nie want dit sal die ink laat loop. Plaas die klam Thinners lappie op die omgekeerde, vasgeplakte prent en begin vee. Begin by een hoek en werk stelselmatig oor die hele prent. Die papier sal deursigtig raak met die vee van die Thinners – maak seker jy vryf lekker hard en sorgvuldig oor die hele papier – jy “transfer” nou letterlik die ink van die papier af op die bord.

4. EN SIEDAAR!

En dan vir die lekkerste oomblik! Ek raak ALTYD opgewonde om die papier te lig en te sien of die ink mooi afgekom het. Doen dit eers versigtig van een hoekie af – as die ink mooi afgekom het –lig die hele papier van die bord af, indien die ink plek plek lyk – laat sak die papier weer terug teen die bord en vee nog ‘n bietjie met die Thinners. Jou teks behoort nou mooi te wys en jou broodbord is reg vir gebruik!

5. KLEUR EN KLAAR

Jy kan met gewone PVA ‘n paar strepies langs die kante verf soos in ons voorbeeld, of die teks so eenvoudig op die bord hou. Jy kan ook die bord invee met ‘n bietjie olyf olie of ‘n mooi natuurlike hout beskermer wat voedsel veilig is nadat die Thinners heel verdamp het uit die hout.

Ek hoop julle pruik almal met pragtige brood borde en geniet hierdie nuwe manier van geskenke verpersoonlik.

(ek gaan myne vir my ma gee)

LAAI TRANSFER AF:



365 views
bottom of page